Click here for English Website

Die Safari teetuin het in Junie 1996 onstaan na gedurige navrae van die tuinsentrum se kliënte, wat graag in die rustige atmosfeer en die mooi tuine wou ontspan met 'n koppie koffie of tee.

Die teetuin kon op daardie stadium net sowat 120 mense akkommodeer en het net koek, koffie, tee en koeldrank bedien.

Die teetiun was egter so gewild dat dit in Julie 2001 na 'n nuwe en groter perseel verskuif het, vanwaar die eerste troue by Safari gehou is. Die nuwe perseel beskik oor 'n kapel, funksie- en konferensielokale, dameskroeg, speelpark, boma en veilige parkering.

Danksy Safari se gereëlde kliënte is die teetuin in 2004 vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die beste teetuin in Pretoria - 'n kompetisie wat jaarliks deur Pretoria News aangebied word.

Die kliënte het al hoe meer na die teetuin begin verwys as 'n restaurant aangesien daar nou 'n A'la Carte spyskaart en wynlys tot hulle beskikking is.