Click here for English Website

Die restaurant  beskik oor 'n veilige, aparte speelterrein vir kinders. Daar is 'n klimraam, sandput, glybane en 'n groot verskeidenheid diere soos hasies,  varkies, miniatuur bokkies en marmoset apies.

Daar is 'n kiosk waar kinders kan roomys eet, koeldrank en lekkergoed koop en maandelikse Mulbry werkswinkels word ook hier aangebied.

Kinderpartytjies kan gereël word met 'n springkasteel, ponie ritte en die kinders se gesiggies kan ook geverf word.