Click here for English Website

Die buitelug restaurant word gekenmerk deur die ou "groot voet" olifant wat by die ingang waak. Die restaurant beskik oor 2 dek area's, gedeeltelik onder dak, vanwaar 'n mens oor die damme, watervalle en tuinsentrum kan uitkyk.

Daar is ook 'n groot gedeelte in die skadu's van ou bome, waar kleiner intieme funksies bv. 'n ooievaarstee, kombuistee gehou kan word.

In die rustigheid word jy omring deur groot koi's in die damme, swane,  eende pappegaaie en poue wat rondloop.