Click here for English Website

Safari se klip-kapel met sy gotiese loodglasvensters is 'n lus vir die oog en 'n definitiewe moet vir die romantikus. Dit is nie geaffilieer met enige kerverband nie, sodoende is almal welkom.

 

Die kapel kan tot 220 persone akkommodeer en beskik oor 'n rooi tapyt, eie  musiek sisteem, stoele met geborduurde bekleedsels asook 'n register tafel van sandsteen, waarop die belofte geteken kan word.